Ontbossing

'n Satellietfoto van ontbossing by die Tierras Bajas-projek in die ooste van Bolivië.

Ontbossing is die proses waarin woude of bosse uitgehaal word en die grond daarna vir iets anders gebruik word.[1] Voorbeelde van ontbossing is waar bome uitgehaal word om plek te maak vir landboubedrywighede of nuwe woongebiede. Tropiese reënwoude is tans die plek waar die grootste ontbossing plaasvind.[2] Byna 30% van die aarde se landoppervlak word deur woude bedek.[3]

Ontbossing vind om baie redes plaas: die bome word afgekap om te verkoop of gebruik te word as brandstof en houtskool of houtprodukte, terwyl die land dan gebruik word vir weiding vir diere, plantasies en nedersettings. Wanneer bome uitgehaal word sonder om weer nuwe bome aan te plant, is die gevolge gewoonlik baie nadelig vir die gebied. Daar is 'n verlies aan biodiversiteit en dit het ook 'n verminderde reënval tot gevolg. Ontbossing word ook soms toegepas in oorlogsituasies om skuilplek vir die vyand minder te maak en sekere hulpbronne weg te neem. Moderne voorbeelde hiervan is die VSA se gebruik van Agent Orange in die Viëtnamoorlog. Sedert 2005 het die netto ontbossingstempo in lande met 'n per capita Bruto Binnelandse Produk van ten minste 4,600 miljoen Amerikaanse dollar nie verder vermeerder nie.[4][5] Gebiede wat ontbos is het gewoonlik ernstige erosieprobleme en die gebied word dikwels ook 'n woesteny.

Tussen  2000 en 2012 is 2.3 miljoen vierkante kilometer se bosse reg oor die wêreld afgekap.[6] As gevolg van ontbossing bly daar net 6.2 miljoen vierkante kilometer van die oorspronklike 16 miljoen vierkante kilometer se woude oor wat vroeër die aarde bedek het.[6]

  1. SAFnet Dictionary|Definition For 'deforestation'.
  2. http://www.livescience.com/27692-deforestation.html
  3. http://www.worldwildlife.org/threats/deforestation
  4. Kauppi, P. E.; Ausubel, J. H.; Fang, J.; Mather, A. S.; Sedjo, R. A.; Waggoner, P. E. (2006).
  5. "Use Energy, Get Rich and Save the Planet", The New York Times, April 20, 2009
  6. 6,0 6,1 "Facts About Rainforests" Geargiveer 22 Oktober 2015 op Wayback Machine.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search